Die VLV Humansdorp het onlangs erelid Elsabe Ferreira (Triegaardt) vereer tydens hul prysuitdeling en jaareindfunksie. Elsabe, wat vanjaar 84 geword, is al 42 jaar lid van Humansdorp VLV. Sy was oor die jare ’n ywerige deelnemer aan kompetisies en het ’n hele paar pryse op haar kerfstok. Sy was ook lank die sameroeper van die Kuns en Handvlyt afdeling. Foto: VERSKAF


VLV vereer Elsabe

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article