Plaaslike apteker Lésa Seeney is onlangs deur die Hoërhuis van die Parlement, die Nasionale Raad van Provinsies (NRV), vereer vir haar uitsonderlike,onselfsugtige en uitstaande diens aan die Oos-Kaapse gemeenskap. Hierdie eer het Seeney te beurt geval as gevolg van haar visie om ’n kliniek virdie landelike gemeenskap van Oesterbaai en die nabygeleë Umzamowethu gemeenskap opdie been te bring. Die oorkonde van vermelding en gelukwensing is deur Henni Britz, die plaaslike DA Parlementslid aan Seeney oorhandig. Lees die berig op bladsy 6. Foto: VERSKAF
Apteker deur Parlement vereer
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.