Jerome Jacobs, Isaiah Miggels en Ceyton Booysen. Foto: Verskaf
Jerome Jacobs, Isaiah Miggels en Ceyton Booysen. Foto: Verskaf

HUMANSDORP – Drie talentvolle gewigoptellers van die Humansdorp Senior Sekondêre Skool – Isaiah Miggels, Jerome Jacobs en Ceyton Booysen – het onlangs met hul uitmuntende prestasies en medaljes op nasionale vlak groot trots vir hul skool en gemeenskap gebring.

By die Suid-Afrikaanse Jeug- en Junior Kampioenskappe in Kaapstad het Isaiah ‘n goue medalje verower, Jerome ‘n bronsmedalje, en Ceyton ‘n goue medalje in die o.17-afdeling.

Ceyton Booysen, Jerome Jacobs en Isaiah Miggels.
Van links is Ceyton Booysen, Jerome Jacobs en Isaiah Miggels. Foto: Verskaf

Al drie het daarna hul goeie vorm voortgesit tydens die Senior Kampioenskappe in Gauteng, waar hulle weer sterk prestasies en medaljes behaal het.

As beloning vir hul harde werk en deursettingsvermoë is die drie atlete voorlopig gekies om Suid-Afrika te verteenwoordig by die Jeug- en Junior Statebondkampioenskappe in Samoa van 27 April tot 2 Mei 2026.

Onder leiding van hul toegewyde afrigter, Curvon Jacobs, groei hierdie jong sportmanne van krag tot krag en dien hulle as inspirasie vir ander leerders.

Enige ondersteuning om hul droom te help verwesenlik, kan gerig word aan humsec@truewan.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article