Doné Mostert op pad na haar rekord in die gewigstoot. Foto: Verskaf
Doné Mostert in aksie. Foto: Verskaf

HUMANSDORP – Atlete van die Hoërskool Nico Malan op Humansdorp was die groot uitblinkers by die Kouga- en Koukammastreek se byeenkoms.

Ses rekords is verbeter wat wys dat ’n sterk poging van hulle verwag kan word by die Sarah Baartman-byeenkoms op 17 Februarie in Gqeberha.

Doné Mostert en Lienke Vosloo het elk twee rekords verbeter. Doné se rekord in die 0.14-gewigstoot was 11.67 meter, terwyl haar diskuspoging van 31.27m ook in die rekordboeke opgeteken staan.

Doné Mostert
Doné Mostert op pad na haar rekord in die gewigstoot. Foto: Verskaf

Lienke is ’n hekkiesatleet wat fyn dopgehou moet word. Sy het die 90m-wedloop vir meisies o.15 in 14.00 sekondes gewen en dit opgevolg met nóg ’n rekord in die 300m-hekkies toe sy in 46.41 gewen het.

Annique de Beer was weer op dreef in die 3000m-wedloop vir meisies o.15 toe sy in 13:03.25 gewen het. Dan het Liam Vosloo ’n rekord in die 110m-hekkies vir seuns o.19 opgestel. Sy wentyd was 15.97 sek.

Altesaam 56 atlete sal Nico Malan by die Sarah Baartman-byeenkoms verteenwoordig. Die verwagting is dat hulle ’n groot faktor in die Baai sal wees en dat nóg rekords in die slag kan bly.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article