Pellsrus-3 haal SA-gewigoptelspan na Samoa
Die vreugdevure brand hoog op Jeffreysbaai nadat drie jong gewigoptellers van die Pellsrus-klub vir die Jeug- en Junior Statebond-kampioenskappe in Samoa gekwalifiseer het. Die voorlopige SA span is pas deur die Suid-Afrikaanse Gewigoptelfederasie bekend gemaak. Die kampioenskappe word van 27 April tot 2 Mei gehou en kan deure na groot hoogtes vorentoe vir dié drietal oopmaak. Die gekose gewigoptellers is, van links, Theolien Ruiters (vroue 44 kg), Lumar Karolse (mans 56 kg) en Junique Windvogel (vroue 44 kg). Lumar en Junique is leerders aan die Laerskool Pellsrus, terwyl Theolien ‘n gr.8-leerder aan die Jeffreysbaai Comprehensive Hoërskool is. Wat hierdie prestasie noemenswaardig maak, is die atlete se ouderdom. Die Jeugkategorie dek atlete onder 17, maar Junique is net 12 jaar oud en word later vanjaar 13. Lumar het op 6 Januarie 14 geword. Om die finale groep te haal moet die atlete teen middel Maart aan verskeie kriteria voldoen: die Afrika- en Statebonds-kwalifiserende totale by ‘n goedgekeurde proewe behaal, befondsing vir reis-, afrigter- en begeleiersuitgawes verseker, ‘n geldige paspoort besit, opgedateerde verblyfplekbesonderhede handhaaf, en die internasionale Adel-sertifisering voltooi. Inskrywings- en verblyfgelde is betaalbaar teen 27 Maart. “Dis vir hulle die kans van ‘n leeftyd om op ‘n vroeë ouderdom hul merk op die wêreldverhoog te maak. Ons bid dat borge na vore sal tree om dié kans moontlik te maak,” sê hul afrigter, Pieter Pretorius. – HANNES SCHOEMAN FOTO: VERSKAF

JEFFREYSBAAI – Die vreugdevure brand hoog op Jeffreysbaai nadat drie jong gewigoptellers van die Pellsrus-klub vir die Jeug- en Junior Statebond-kampioenskappe in Samoa gekwalifiseer het.

Die voorlopige SA span is pas deur die Suid-Afrikaanse Gewigoptelfederasie bekend gemaak.

Die kampioenskappe word van 27 April tot 2 Mei gehou en kan deure na groot hoogtes vorentoe vir dié drietal oopmaak.

Die gekose gewigoptellers is Theolien Ruiters (vroue 44 kg), Lumar Karolse (mans 56 kg) en Junique Windvogel (vroue 44 kg).

Pellsrus-3 haal SA-gewigoptelspan na Samoa
Van links is Theolien Ruiters (vroue 44 kg), Lumar Karolse (mans 56 kg) en Junique Windvogel (vroue 44 kg).
Foto: Verskaf

Lumar en Junique is leerders aan die Laerskool Pellsrus, terwyl Theolien ‘n gr.8-leerder aan die Jeffreysbaai Comprehensive Hoërskool is.

Wat hierdie prestasie noemenswaardig maak, is die atlete se ouderdom. Die Jeugkategorie dek atlete onder 17, maar Junique is net 12 jaar oud en word later vanjaar 13. Lumar het op 6 Januarie 14 geword.

Om die finale groep te haal moet die atlete teen middel Maart aan verskeie kriteria voldoen:

  • Die Afrika- en Statebonds-kwalifiserende totale by ‘n goedgekeurde proewe behaal
  • Befondsing vir reis-, afrigter- en begeleiersuitgawes verseker
  • ‘n Geldige paspoort besit
  • Opgedateerde verblyfplekbesonderhede handhaaf
  • Die internasionale Adel-sertifisering voltooi.

Inskrywings- en verblyfgelde is betaalbaar teen 27 Maart.

“Dis vir hulle die kans van ‘n leeftyd om op ‘n vroeë ouderdom hul merk op die wêreldverhoog te maak. Ons bid dat borge na vore sal tree om dié kans moontlik te maak,” sê hul afrigter, Pieter Pretorius.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article