Stefanus Vivier
Skrywer Stefanus Vivier. FOTO: VERONICA FOURIE

Uit die dae van Dingaan, mag ‘n koning se spoeg nooit op die grond geval het die.

Hy het ‘n spoegvanger gehad wat die spoeg moes vang voordat dit op die grond kon val, en dit dan as ‘n eerbetoon oor sy lyf moes smeer.

So word vertel in die boek Die Spoegvanger, geskryf deur Stefanus Vivier. Die titel is eintlik ‘n metafoor. Die boek handel oor ‘n spesiale vriendskap van ‘n wit seun met ‘n Xhosa seun.

Die seun se lewe word gevorm deur ‘n diep kentering, politiek, die kerk en godsdiens. Hy het na die vertellings van grootmense geluister en sy eie afleidings gemaak.

Die seun het ‘n fyn waarnemingsvermoë, en is vasgevang in ‘n wêreld van stilte, geheime en harde waarhede.

Sy pa is ‘n onderwyser, ‘n politikus-in-wording, en die draer van ‘n ideologie wat sy wêreld inkleur. Maar dit is deur sy vriendskap met sy Xhosa maat dat hy iets van ‘n ander waarheid raaksien. Die boek lees maklik en mens is bewus daarvan dat die skrywer met jóú praat.

“Die boek is biografies, effens outobiografies,” sê Vivier. “Die storie speel af op ‘n plaas in die Vredefort distrik in die jare van 1958-1976. Dis geskryf uit ‘n kind se perspektief wat grootmens afleidings maak. Dis ‘n naïewe evaluering van die waarheid. Dis bedoel vir lesers oor ‘n breë spektrum – jonk tot oud. Dis nie diep of tegnies nie, maar lighartig – om die wêreld met ander oë te sien,” verduidelik hy.

Stefanus Vivier
Skrywer Stefanus Vivier. FOTO: VERONICA FOURIE

Skrywer

Vivier (77) het aan drie universiteite studeer, en 13 jaar in Skotland gewoon en werk, waar hy hom toegespits het op leierskapsontwikkeling en publikasies. Hy skryf ook gedigte. Van sy werk is opgeneem in Ten of the Best. Nog ‘n publikasie is The Cave – a Journey into Freedom.

Die Spoegvanger word uitgegee deur Naledi, en kan by Viviers bestel word by fanus.viviers@gmail.com, of op WhatsApp by 072 495 9220.

Dit kan ook by Bargain Books bestel word.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article