Rocco de Villiers, Coenie de Villiers
Rocco de Villiers en Coenie de Villiers. FOTO: VERSKAF

Jeffreysbaai is volgende week die gasheer vir twee van die land se talentvolste kunstenaars.

Coenie de Villiers en Rocco de Villiers span saam om die musiek op twee klaviere te maak.

Die duo sal die gehoor bederf met ‘n verskeidenheid genres: van boeremusiek en Bach tot blues en ballades. Ou bekende treffers sal die nostalgie aanwakker.

Rocco de Villiers, Coenie de Villiers
Rocco de Villiers en Coenie de Villiers. FOTO: VERSKAF

Hoewel die twee kunstenaars uiteenlopende style het, het hulle ‘n diep konneksie met die 88 klawers op ‘n klavier – vandaar die naam van die vertoning.

Dit beloof ‘n onvergeetlike aand te wees van uitmuntende musiek. Die twee De Villierse se vernuftige samewerking is ‘n viering van uitstaande talent.

Met dié uitvoering besef mens opnuut hoe die mag van musiek die siel voed en die hart roer. Dit beloof ‘n aand gelaai te wees met humor.

Die uitvoering van die “88” konsert vind op 13 September by die NG Kerk Kompleks in Olienhoutstraat plaas. Kaartjies kan by die Toerisme kantoor op Jeffreysbaai gekoop word, of by Quicket.

Die skakel na Quicket is maklik te vinde op die Facebookblad van ‘Teater by die see’. Sitplekke is gereserveer.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article