HÍÉR word honger magies gevoed – oud en jonk.

’n Sopkombuis, wat na ’n droom van R6 en ’n halwe brood begin is, voer vandag nage-noeg 100 kinders en 17 bejaardes.

Inwoner Selamma Oersen het die 7de Laan Sopkombuis 15 jaar terug begin. Die doel? Om honger inwoners te voed.

“Ons gee om,” sê sy. “Dít is wat kinders ervaar wanneer hulle met ’n leë bak in die een hand en jonger boeties en sussies aan die ander by ons aankom.

“Hier is mense wat omgee as hulle honger gaan slaap, dat die beker sop wat hulle hier drie keer per week kry, dikwels hul enigste kos vir die dag is.”

Benewens sop, kry hulle ook soms warm klere, want die nood is groot. “Armoede, werkloosheid, HIV en Vigs is ’n groot probleem in die gebied.”

Oersen en haar span gee elke Maandag, Woensdag en Vrydag sop aan 92 kinders en 17 bejaardes – ongeag jou ouderdom.

“Almal het ’n behoefte,” sê Oersen.

Baie van die bestanddele vir die sop word uit haar eie sak aangekoop. Sy ontvang ook hulp van Woodlands Dairy, Engen Garage, die Katolieke Kerk in Jeffreysbaai en die gemeenskap.

Benewens die sopkombuis, ondersteun Oersen families wie huise afgebrand het en sy hou jaarliks ’n groot Kersfeespartjie vir meer as 500 kinders en 20 bejaardes van 7de Laan, Maak ’n Las, Jill Marcus en Donkerhoek.

Vir meer inligting, skakel Oersen by 063 062 0824.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article