Zumba-deelnemers in ’n ligte luim voordat hulle begin litte losmaak het vir Pink Trees. Foto:VERSKAF


DIE Botaniese Sportkompleks in Graaff–Reinet het Vrydagaand soos ’n disko-dansvloer gelyk toe sowat 38 vroue en twee mans litte losgemaak het.

Met die vergunning van Marlee Bob Smith van Graaff-Reinet Zumba klasse is dié danssessie ten bate van Pink Trees for Pauline gehou.

Dié nie-winsgewende organisasie is in 2012 in Graaff-Reinet gestig deur Carol–Ann van Jaarsveld, Adri van Nieuwenhuizen en Dr Pam Kerr, ’n opvoedkundige skielkundige.

Carol–Ann wou graag haar moeder en grootmoeder (albei Pauline, en albei oorlede aan kanker) se nalatenskap verewig in iets tasbaars en inspirerend.

Intussen het Pink Trees for Pauline uitgebrei na dorpe regoor Suid-Afrika en selfs in Namibië, met die doel om bewustheid te kweek en fondse in te samel ten bate van kan-kerpasiënte.

Fondse wat deur projekte van Pink Trees for Pauline gegenereer word, word plaaslik in elke dorp aangewend vir onder meer:

  • Akkommodasie van pasiënte gedurende behandeling
  • Die verskaffing van pruike, prostese of rolstoele vir pasiënte
  • Tuisverpleging
  • Speelgoed en speelhokkies vir gehospitaliseerde kinderpasiënte.

Besoek hul webtuiste www.pinktrees.co.za om meer oor dié organisasie se werksaamhede uit te vind.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article