WORD Riders, onder leiding van ds. Francois Sieberhagen as toerleier, het Graaff-Reinet op 11 April tydens hul negende uitreik besoek.
Die Word Riders kom een maal ’n jaar as motorfietsryers bymekaar om Bybels vir gr. 7-leerders uit te deel.
Hierdie uitreik vorm deel van die Bybelge-nootskap en bestaan uit 14 leraars, met die ryers wat van agt denominasies kom. Motorfietsryers van Word Riders kom van regoor Suid-Afrika vanaf dorpe soos Polokwane, Durban en Kaapstad.
Die 37 motorfietse se ryers bestaan ook uit sakemanne en werkers. Die kinders wat vanjaar Bybels gekry het, was van 10 skole van Graaff-Reinet en Nieu-Bethesda. Daar is 775 Bybels aan die leerders uitgedeel.
Vanjaar se toer het op Graaff-Reinet afge-sluit, waarna die lede weer uitmekaar gaan tot volgende jaar. Die meeste van die lede het al vyf toere megemaak. Dié toere het Jeffreysbaai, die Langkloof, Aberdeen en Graaff-Reinet ingesluit.
Die oudste ryer is 76 jaar oud en daar is drie ryers wat oor 70 jaar oud is. Elke lid dra by vir sy eie onkoste. Altesaam 3 671 Bybels was by 54 skole tydens vanjaar se toer versprei.
Sieberhagen het gesê dat Graaff-Reinet ’n hoogtepunt op die toer was en hulle hoop om weer hier te kom kuier.
Indien enigiemand belangstel, kan Sieberhagen by sieberhagen@biblesociety.co.za of 021 910 8777 gekontak word.


