Marlow se o.14A-span het Saterdag teen Daniel Pienaar weer met oorgawe gespeel en wen die kragmeting gemaklik 44 – 5. Hier stamp Francois van der Ryst sy opponent af. foto:VERSKAF

DIE Marlow Landbouskool het verlede Saterdag in Uitenhage gaan kragte meet teen Hoër Tegniese Skool Daniel Pienaar.

Twaalf rugbywedstryde is gespeel waarvan Marlow tien gewen het. Marlow se eerste span wen die hoofwedstryd 39-29. Die Wolramme speel klipharde hardlooprugby en die halftyd telling was 21-7 in die besoekers se guns.

Marlow se vinnige spelpatroon was deurslaggewend in die eerste helfte en hulle plaas baie druk op die tuisspan. Die druk lei tot drie spogdrieë. Daniel Pienaar se Tiere het aan die einde van die eerste helfte die doellyn oorgesteek en druk ’n verdoelde drie.

Die tweede helfte was egter ’n ander storie met die Tiere wat op hul tuisveld al hoe beter begin speel het. Hulle het elke kans gebruik elke om die Wolramme te dryf by die lynstane en het ook die rigting van hul spelpatroon gereeld verander. Die tuisspan plaas baie druk op die Wolramme en word beloon met drie drieë. Die telling was skielik in die Tiere se guns, met 10 minute se speeltyd oor. Marlow het egter hulself reggeruk en speel aan die einde van die wedstryd briljante rugby.

Die Wolramme druk twee drieë en wen die kragmeting. Marlow se ses drieë word deur Juanre Snyman (12), Troy Delport (13) en Tiaan Herion (11) gedruk. Leyton Valentyne het ’n skitterdag op losskakel beleef en druk drie drieë. Troy Delport slaag met drie verdoelskoppe en een strafdoel.

Ander spanne se uitslae was soos volg:

2de span 40 – 17 DP 2de

3de span 38 – 12 DP 3de

4de span 33 – 5 DP 4de

o.16A-span 32 – 29 DP o.16A

o.16B-span 35 – 12 DP o.16B

o.15A-span 12 – 32 DP o.15A

o.15B-span 26 – 10 DP o.15B

o.15C-span 24 – 21 DP o.15C

o.14A-span 44 – 5 DP o.14A

o.14B-span 31 – 17 DP o.14B

o.14C-span 24 – 55 DP o.14C

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article