HET jy al ’n kaartjie gekoop vir Saterdag se prystrekking by die Diereskuiling? Volgens die organiseerders is daar nog ’n paar kaartjies teen R20 stuk beskikbaar.
Saterdag, 27 Julie, word die trekking by die Diereskuiling gehou en vier gelukkige wenners kan met ’n vrieskas vol vleis wegstap.
Enigiemand wat teenwoordig is, sal gevra word om die trekking te doen.
Die eerste prys is ’n skaap en ’n blesbok. Tweede prys is twee springbokke, derde prys is ’n vlakvark plus R500 en vierde prys is R500.
Die byeenkoms by die Skuiling begin reeds om 10:30 wanneer die mark- en pannekoektafels ten bate van die Skuiling gereed sal wees.
Daar sal ook tafels wat koeksisters en vetkoeke verkoop wees.
Die jongspan sal op ’n springkasteel kan baljaar.
Die Skuiling wil met hierdie spesiale insameling geld bymekaar maak vir ’n nuwe wasmasjien aangesien hulle s’n stukkend is.
Die wasmasjien is noodsaaklik by die Skuilng aangesien die diere se komberse gereeld gewas moet word.

