Erwe op Middelburg, veral in Van Niekerk- en Kampstraat, loop vir jare al deur met onaangename rioolverspoelings. Alhoewel die oorsaak van die verstoppings geïdentifiseer is, kon Chris Hani-distriksmunisipaliteit weens onvoldoende fondse nog geen langtermynoplossing in werking stel nie. Die Middelburg Water- krisisfonds het nou ingegryp. Daar is vir die afgelope twee weke ’n opvangsdrein met ’n sif in die riooltoevoer gebou. Dit is tussen die Korrektiewe Dienste se fasiliteit buite die dorp en die bo-dorp aangebring. “Die onus rus nou op die Korrektiewe Dienste om die sif-sisteem te onderhou. Ons hoop dat die probleem nou effektief aangespreek is,” het Riaan van der Ryst van die Middelburg Waterkrisisfonds gesê. Foto:ELSABÉ PIENAAR


Waterkrisisfonds maak plan met Middelburg se rioolverstoppings

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article