INWONERS van drie gemeenskappe in Cradock het besluit: genoeg is genoeg wat die waterkrisis betref.

’n Optog om hul frustrasies oor swak diens- lewering van die Inxuba Yethemba-munisipaliteit (IYM) en Chris Hani Distriksmunisipaliteit (CHDM) te opper word vir Woensdag, 18 Desember beplan.

Motorfietssaamtrek nie weer op Cradock

Cradock se water- en elektrisiteitsprobleme, wat al jare duur, is verlede Saterdag op die spits gedryf met die groot Lion’s-motorfietssaamtrek by Cradock Spa.

Hierdie groep besoekers wat vir jare reeds die eerste naweek in Desember Cradock besoek, sorg jaarliks vir ’n groot finansiële inspuiting op die dorp.

Vanjaar se besoekers was egter baie ontevrede met omstandighede by die ontspannings-fasiliteit. Ablusiegeriewe was onversorg en daar was geen water nie.

Meeste van die motorfietsryers het om dié redes die saamtrek verlaat en daar is amptelik aangekondig dat hulle nooit weer Cradock toe sal kom vir ’n saamtrek nie.

Op navraag het die dorp se munisipale be- stuurder Xolela Msweli gesê, dat hy beplan om ‘n vergadering met die bestuur van Buffalo Rally te hou om sake te probeer beredder.

Hy het gesê dat hy niks van die waterprobleme geweet het voordat Rika Featherstonehaugh, DA raadslid, hom Saterdag daarvan verwittig het nie. Hy het bygevoeg dat die kragopwekker by die stoordamme nie aangeskakel kon word nie aangesien die batterye pap was.

Munisipale dienslewering kom tot stilstand

Op ‘n spoedvergadering van besorgde inwo-ners, is die gemeenskap se frustrasies in geen onsekere terme bespreek nie.

Die probleme is: verstopte leivore; waterlekke wat gesuiwerde water vermors en skade aan teeroppervlaktes rig; die rioolaanleg wat al vir maande nie werk nie; rou riool wat in die Groot Visrivier vloei; en die geen onderhoud aan infrastruktuur.

Sommige inwoners was verlede week vir vyf dae sonder water.

’n Opvolgvergadering is verlede Maandagmiddag in die Nomsa Frans-saal in Hillside gehou.

Ontevrede inwoners het eenparig besluit dat hulle moeg is vir vergaderings hou, briewe skryf, foto’s stuur en praat. Die enigste wat oorbly is om ’n optog te hou na die munisipale kantore.

Elektrisisteit is prioriteit

IYM het Eskom op 31 Oktober, R123.8 miljoen geskuld. Inwoners van die dorp wag angstig op die uitslae van ‘n Hooggeregshofaansoek wat alle betalings vir elektrisiteit aan die munisipaliteit sal “ring fence” sodat dit vir niks anders as elektrisiteit gebruik kan word nie.

Die uitslag word in Februarie verwag.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article