DIE Camdeboo Nasionale Park het besoekers gewaarsku om versigtig te wees vir dié paaie in die park wat naby die Sondagsrivier se loop is.

Volgens woordvoerder Rosemarie Scheepers vloei die rivier reeds sterk nadat heelwat reën in die opvangsgebied in die Nieu–Bethesda omgewing geval het, en groot hoeveelhede water sal na verwagting later vandag die Nqwebadam binnevloei. Die Sondagsrivier is die vinnigste vloeiende rivier in Suid-Afrika.

“Sommige paaie in die park is reeds oorstroom,” het natuurbewaarder Zama Shandu gesê, en gewaarsku dat die moontlikheid van flitsvloede nie uitge-skakel is nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article