Spanne van die Vrystaat het vanjaar uitgeblink in die jaarlikse Spekboom-tennistoernooi tussen drie provinsies wat op Cradock gehou is.
Die dorp se tennisbane was die afgelope naweek vol aksie toe 96 spelers van die Oostelike Provinsie, Grens en Suid Westelike Distrikte (nou bekend as Eden) aan die toernooi deelgeneem het. Spel het die Vrydag, Saterdag en Sondagoggend plaasgevind.
Die spelers was in 24 provinsiale spanne verdeel wat in ses seksies gespeel het en elke span het twee mans dubbels-, een dames enkels- en een gemengde dubbels wedstryde gespeel.
Cradock Tennisklub bied jaarliks dié Spekboom-tennistoernooi aan as deel van fondsinsamel-projekte vir instandhouding van die klub.
Uitslae was soos volg:
- In die afdeling vir spelers 25-jaar en ouer het die span van die Mostert Broers (Oostelike Provinsie) gewen;
- 35 Jaar en ouer, Vrystaat is bobaas;
- 45 Jaar en ouer, Vrystaat wen ook hierdie afdeling;
- 55 Jaar en ouer word gewen deur Eden;
- 65 Jaar en ouer, Vrystaat;
- 75 Jaar en ouer, Vrystaat.



