LINKS: Die Hoër Volkskool se Chris van Heerden het die Derick van Zyl-trofee vir die Sportman van die Jaar gewen. Hy het die OP o.19 platteland-rugbyspan by ’n nasionale toernooi verteenwoordig en was aangewys as die beste voorspeler van die toernooi. Daarna het hy vir die SA o.19 platteland-rugbyspan by ’n internasionale toernooi in Italië uitgedraf. REGS:Lykita Koeberg het die Jo-Anne Nell-beker vir die Sportvrou van die Jaar gewen. Sy het die beste presteer in ’n sportsoort wat deur die skool aangebied word. Lykita verteenwoordig die Oos-Kaap se o.18-netbalspan en word ingesluit in die o.18 se nasionale oefengroep. foto’s:VERSKAF


Volkskool se sportman, sportvrou

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article