Drie rugbyspelers van Hoër Volkskool is ingesluit in OP-spanne. Riclin Niemand (links) is gekies vir die OP o.17 7’s span wat aan die nasio-nale 7’s toernooi in Welkom deelgeneem het. Dié span het tot die semi–finale ronde deurgedring. Devan Nel (middel) is gekies vir die OP o.19 rugbyspan wat aan die SA o.19 toernooi in die Paarl deelgeneem het. Devan is ’n beurs aangebied om volgende jaar aan te sluit by die WP Rugby-akademie in Claremont. Elrico Prins (regs) is gekies vir die OP o.13 7’s span wat in Bloemfontein aan die nasionale 7’s toernooi deelgeneem het. Hy is as die kaptein van die span aangewys. foto:VERSKAF
Volkskool se rugby-presteerders
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.