Van links is Juryna Fourie, Petroné Fourie en Annika Fitzgerald. Foto:VERSKAF


DRIE van die Hoër Volkskool se debatslede, Petroné Fourie, Juryna Fourie en Annika Fitzgerald, het op 7 Maart in Stellenbosch aan die WOW Woordfees deelgeneem.

Die Hoër Volkskool het teen drie skole debat gevoer. In die eerste rondte was dit teen Bernadino Heights en in die tweede rondte was dit teen Jan van Riebeeck, voordat hulle in die derde rondte teen die Hoërskool Schoonspruit debat gevoer het. Tydens die semifinaal het Volkskool weer teen Bernadino Heights te staan gekom en hulle weer gewen.

Die finale rondte was uitstekend met top argumente en redenasies teen die Hoërskool Stellenbosh.

Die leerders het uitstekend presteer en ná ’n vurige finale rondte is alle opponente oortuigend oorwin. Die Hoër Volkskool het eindelik as algehele wenners in die Ou Hande-kategorie weggestap.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article