VYF nuwe onderwysers het vanjaar by die Hoër Volkskool se onderwyserskorps aangesluit.
Elcarla Jonkers is van Oudtshoorn waar sy aan die Hoër Tegniese Skool Môrester gematrikuleer het. Sy het haar B.Ed graad in ingenieursgrafika en ontwerp en besigheidstudies aan die PUK voltooi, en sal besigheidstudies by Volkskool aanbied en by kultuuraktiwiteite betrokke wees.
Brendan Wiid is van Durban waar hy ook sy B.Ed Intermediêre tot Senior Fase aan die Universiteit van KwaZulu-Natal voltooi het. Hy gaan Engels Eerste Addisionele Taal vir gr. 8 tot 10 aanbied en ook sy gewig by hokkie ingooi.
Chanté Coetzee is ’n oudskolier van Volkskool. Sy het haar B.Ed Intermediêre tot Senior Fase aan Kovsies voltooi en sal help met tennis en hokkie.
Sumaritha Steenkamp het gematrikuleer aan die Hoërskool Vryburg en het haar B.Ed Honneursgraad voltooi. Sy gaan Afrikaans Huistaal aanbied vir die FET fase. Soos Elcarla, gaan Sumaritha ook by kultuur betrokke wees.
Jané Venter is van Bloemfontein waar sy ook haar B.Ed Senior en FET fase voltooi het. Sy gaan haar toespits op veral toerisme en verbruikerstudie by Volkskool, en is ook ’n ywerige netbalafrigter en -skeidsregter.




