Die Hoër Volkskool kon in 2022 uiteindelik weer hul jaarlikse kleuregala aanbied. Ná ’n minder aktiewe tyd in die swembad, is daar slegs vier rekords verbeter op die dag. Marlien Crewe-Brown (regs) verbeter die 100m borsslag en die 50m borsslag wat haar suster, Lizandri Crewe-Brown in 2017 opgestel het. Sy verbeter ook die 200m borslag met ’n tyd van 3:10:78. Die vorige rekord was 3:23:45 wat deur Nicloa Els in 2011 opgestel is. Izak Hattingh (links) verbeter die 100m vlinderslag rekord wat in 2015 deur Lucian Laubscher opgestel is. die rekord was 1:10:84 en Izak kon die afstand voltooi in 1:06:84. Vir dié prestasies ontvang Marlien Crewe-Brown as die Victrix Ludorum en Izak Hattingh die Victor Ludorum. foto’s: VERSKAF


Volkies-kleuregala laat die water spat

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article