’n GROEP van vier vermeende dwelmsmouse is die afgelope Sondag op Fort Beaufort ten aanskoue van verbaasde inwoners vasgetrek.
Die voorval het vroegoggend voor ’n winkelkompleks op dié dorp plaasgevind. Luidens die plaaslike polisie het hulle ’n wenk in dié verband ontvang en daarop gereageer.
Hulle het ’n rooi Toyota Tazz met vier insittendes in die hoofstraat afgetrek.
Die voertuig is deursoek en ’n onbekende hoeveelheid dwelms is daarin gevind. Die verdagtes is op die toneel in hegtenis geneem en sal op ’n dwelmverwante klag in die hof verskyn.



