Roelf Opperman en Lennox Edwards, die NOD-pare kampioene vir 2018, ná hul laaste uitdunrondtes by die Molteno-rolbalklub. Dié Molteno-span het tweede geëindig terwyl nog ’n span van Hofmeyr derde geëindig het. Foto:TERESA OPPERMAN


TYDENS die NOD-parespel wat onlangs op Steynsburg plaasgevind het, het drie spanne daarin geslaag om ’n agt op te tel.

Dit gebeur slegs in uitsonderlike gevalle in rolbal dat ’n span ’n agt optel. Dit vind plaas wanneer albei spelers in ’n span se vier houte langs die kat te lande kom en die span dan agt punte meteens optel.

Die gebeurtenis is gelykstaande aan ’n fortuinhou in gholf. Om dus drie keer ’n volmaakte telling aan te teken tydens een rolbaltoernooi waar slegs 12 spanne meeding, is uiters uitsonderlik.

Die gelukkige spanne is albei van Hofmeyr. Hulle is Roelf Opperman en Lennox Edwards, asook die span van Willem Herselman en River Gene.

’n Span van Steynsburg het ook ’n volmaakte telling aangeteken.

Spanne vanaf Aliwal-Noord, Zastron, Steynsburg, Queenstown, Molteno en Hofmeyr het met mekaar meegeding tydens die byeenkoms.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article