Tuisskolers warm hier op saam met Hoggie Viljoen vir die jaarlikse Karoo-atletiekbyeenkoms wat op Middelburg gehou is.Foto: JUSTIN DU TOIT


SOWAT 120 tuisskoolleerders van heinde en verre het op Middelburg saamgetrek vir die Karoo Tuisskoolgroep se jaarlikse atletiekbyeenkoms.

Dié deelnemers, van sover as Prieska, Carnavon en selfs Ficksburg, het by Karel Theron Laerskool in twee spanne teen mekaar meegeding.

Verskeie nuwe rekords is opgestel, maar die goeie sportgees en entoesiasme van deelnemers sowel as ouers, het veral die kollig gesteel.

“Dit was lekker om nuwe mense te ontmoet, maar dis veral waardevol wat ’n ge-leentheid soos hierdie vir die kinders be- teken,” sê Riaan en Vasthi Botha van Hofmeyr, wat die atletiek met hulle vier kinders bygewoon het.

Tuisskoolgesinne het reeds die Vrydagmiddag by Dwarsvlei buite Middelburg by-mekaargekom vir verfbal-pret, swem en om saam te kuier.

“Ons het 500km Karoo toe gery vir die naweek en dit het ongelooflik baie vir ons as gesin beteken,” sê Elzanie en Hennie Ver-mooten, wat met hulle drie kinders Sore (15), Jana (14) en Pieter (13) die Karoo Tuisskool-atletiekbyeenkoms bygewoon het.

“Ons bly die verste, maar is Sondag heel laaste weg, met vol harte en kinders wat uitgeput al die pad terug geslaap het,” sê Elzanie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article