Status Toyota Cradock spog met vullisdromme wat hulle wil gebruik om Cradock skoon te hou. Van links is Theresa Fourie (bestuurder: onderdele), Robin McGregor (hoofbestuurder) en Ashley van As (werkswinkelbestuurder). Foto:VERSKAF


STATUS Toyota Cradock, wat vroeër vanjaar onder nuwe bestuur gekom het, wil graag betrokke raak by die gemeenskap.

Volgens Robin McGregor, hoofbestuurder, is hul doelwit om ’n skoner dorp te hê en daarvoor wil hulle vullisdromme met hul firma se naam op, op strategiese punte beskikbaar stel.

“Ons beplan ook om ’n aantal inheemse bome aan te plant sodat indringerbome mettertyd vervang kan word,” het hy bygevoeg.

McGregor sê hulle wil deel word van die gemeenskap en het al pryse by sportbyeenkomste geborg. Hulle sal per geleentheid ook wil bydra tot die prysgeld van verdienstelike geleenthede.

Die eerste drie vullisdromme is die afgelope week by die Hoër Landbouskool Marlow geplaas, waar twee geelhoutbome ook aangeplant is.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article