Swemmers van die Hoër Volkskool, Gill College, Cradock Hoërskool en Hoër Landbouskool Marlow het tydens die Karoogala twee rekords laat spat. Andrew Fischer (Union High) se seuns o.16 50m-vlinderslagrekord van 2009, het in die slag gebly toe Izak Hattingh van die Hoër Volkskool dit verbeter het. Llewellyn Crewe-Brown het ’n nuwe rekord in die 50m-vlinderslag vir seuns o.19 opgestel. Die top meisiespanne is Volkskool, Union High en Cradock en die top seunsspanne is Volkskool, Union High en Marlow. Die Victor Ludorum word deur (van links) Izak Hattingh en Llewellyn Crewe-Brown gedeel, terwyl Marlien Crewe-Brown die Victrix Ludorum is. Foto:VERSKAF


Topswemmers laat rekords spat

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article