RETIEF Geelbek Merino’s se agtste produksieveiling het op Vrydag, 8 Februarie op Gordonsfontein in die Middelburg/Hanover-distrik plaasgevind.
Johannes, Kleintjie en Willem Retief is baie tevrede met die opbrengs van die veiling.
Die duurste ram is deur Willem Liebenberg van Hanover teen R78 000 gekoop.
Die tweede duurste ram is vir R64 000 aan Adam Swanepoel van Smithfield verkoop.
Al 79 ramme wat op die veiling aangebied is, is vir ’n gemiddelde prys van R11 447 verkoop.
Ongeveer 800 geselekteerde ooie van die Modern Merino-groep is ook tydens die veiling te koop aangebied en het ’n gemiddeld van R2 069 behaal.
Die veiling is deur BKB behartig en Gert Jordaan het as afslaer opgetree.




