Voor ’n stampvol saal by die Hoërskool Middelburg het die dinamiese duo Willem Botha en Franja du Plessis op 4 Maart die gehoor behoorlik gaande gehad. Daar is op stoele gedans, saamgesing en lekker gelag vir al die pittigheid wat Willem kwytgeraak het. Dié optrede vorm deel van hul Top 20-toer. Middies was bevoorreg om een van die uitgesoekte 20 skole op die toer te kon wees. Tussendeur die singery het Willem ook ’n paar stories gedeel en sy bekende brei-klank behoorlik uitgedruk wanneer hy vertel het hoe “lekkerrrrrrrrr” hy op Middelburg kuier. Foto:JOHANETTE pHOTOGRAPHY


Top 20-toer maak ’n draai in Middelburg

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article