Tops se drankwinkel het agt jaar gelede op Cradock oopgemaak toe Cradock Spar na die ou Karootuin perseel verskuif het. Hierdie onderneming het op 1 Maart na ‘n ruim, nuwe perseel, waar die Wimpy vantevore was, verskuif. Die nuwe winkel het reeds op 1 Maart oopgemaak, maar ‘n baie groot bekendstelling, met pryse om te wen, gaan aan die einde van die maand plaasvind. Volgens Keith Tam, eienaar van die Spar, gaan Waterson’s Apteek na die vorige perseel van Tops, uitbrei. Voor van links is Donny Tam, Keith Tam, Peter Tam en May Tam (tussen Keith en Peter) saam met die personeel van Tops, Cradock. foto:WILNA DE KLERK
Tam-familie skuif, vergroot Tops
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.