EAGLE Wings Prophetic Ministries in Middelburg, onder leiding van Apostel Francois Afrika, Pastoor Piet Uithaler en Leraar Andrew Settler, is die eerste wat die geleentheid gebruik het om ’n Idols-talentontginning aan te bied om jongmense die geleentheid te gee om hulle talent op ’n Christelike wyse te ontdek.

Die kerk het die Christus vir Skole-groep genader om die jongmense te kom aanspoor en hulle ook van die gevare wat alkohol en dwelms inhou, bewus te maak.

Plaaslike skole is ook deur die groep besoek om die boodskap aan die jongmense oor te dra.

Van die eregaste wat die geleentheid bygewoon het sluit in Ray Shweni, Donald Smiles, Rhett Newton, Ada Sammy en Stanford Calvert.

Na wat verneem word, was dit die eerste keer dat só ’n geleentheid aangebied was en beoog hulle om hierdie blootstelling van rou talent ’n jaarlikse instelling te maak.

Eagle Wings Prophetic Ministries wil ook al die deelnemers geluk wens met hul produksies wat op die Kruiskyk TV-program uitgesaai gaan word.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article