Suné Duvenage. Foto:WILNA DE KLERK


SUNé Duvenage het Dinsdag haar 20ste jaar in diens van Karoo Makelaars op Cradock gevier.

Sy het direk nadat sy matriek by die Hoërskool Cradock voltooi het by die versekeringspan aangesluit.

“Deur die jare het versekering baie verander en alhoewel ek gereeld kursusse bywoon, leer ek nog elke dag iets nuuts,” sê Suné.

“Omstandighede verander gereeld en selfs die weer en politiek speel ’n groot rol in ons werk. Daar was nog nooit tevore soveel ekonomiese uitdagings soos nou nie. Daarom moet ’n mens die mark konstant dophou om die beste vir kliënte te beding.”

Karoo Makelaars is ’n familie-besigheid en alhoewel Suné nie bloedverwant is nie, beskou sy dié span as haar tweede familie.

Ricky de Klerk, wat ook by Karoo Makelaars werk, het pas tien jaar by die firma voltooi.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article