Vervolg vanaf bl.1
“Vanaf 08:30 tot 17:00 het hierdie mense bankvas gestaan en opereer, met net dertig minute as etensbreuk, en dit met net die mees basiese ge-riewe. In ’n veldhospitaal in die kleine Hofmeyr-skousaal is altesaam 110 diere gesteriliseer.”Die span veeartse, onder leiding van Dominique Davenport, was Ashleigh Lemon, Tabitha Prior, Debz Chetty, Brad Taylor en Sarah-Joy Taylor.
Die goed-georganiseerde en ge-oliede plaaslike span het bestaan uit Janique Fourie, Opperman, Vivienne Labuscagne, Megan Hendricks, Tersius Ferreira, Ray Walker en Mannetjie Kiwido.
“Kiwido verdien groot lof vir die manier waarop hy reeds in die maand voor hierdie sterilisa-siepoging inligtingsessies gereël het en ’n naamlys opgestel het met die nodige adresse daarby.
Janique het op die dag vir Mannetjie saam geneem om almal met ’n bakkie op te laai en ná die operasies afgehandel is, het hulle weer die pasiënte gaan aflaai.”
Fourie was ook in beheer van die meeste plaaslike reëlings, terwyl Opperman met die veeartse geskakel en verblyf vir almal ge-reël het.
Die plaaslike werkspan sien daarna uit om volgende jaar weer so ’n groot poging aan te wend.


