Jaco Cloete (48), ’n bekende boer van Bergplaas in die Steynsburgdistrik, is die afgelope week oorlede ná ’n motorongeluk op die N1 buite Bloemfontein. Hier is hy saam met sy gesin. foto: verskaf

JACO Cloete (48), bekende boer van Bergplaas in die Steynsburgdistrik, is die afgelope week oorlede in ’n motorongeluk op die N1 buite Bloemfontein.

Hy en sy vrou, Karen, was op pad om hul oudste seun, Janco (18) by die lughawe te gaan afsien.

Janco is in gr. 12 by Grey Kollege in Bloemfontein en sou die Verenigde State van Amerika besoek.

Jaco Cloete (48). Foto:verskaf

Cloete is op slag dood nadat sy voertuig onder ’n swaar vragmotor beland het.

Karen was die enigste ander insittende in die voertuig. Sy het ligte beserings opgedoen en is ná behandeling in die hospitaal ontslaan.

Karen is ’n bekende fotograaf en neem die foto’s van Grey se sportbyeenkomste.

Die egpaar se twee ander kinders is Anri (20) en JP (13). JP is in gr. 8 by Grey Kollege.

Cloete se troosdiens is verlede Saterdag gehou vanuit die NG Kerk in Steynsburg.

Die gemeenskap van Steynsburg, sowel as die boerderygemeenskap, waarin hy ’n alombekende figuur was, betreur Cloete se heengaan.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article