SA liggaamsbou-kampioen Amy van Jaarsveld (regs) en haar afrigter Ryan Hardwick. Foto:VERSKAF


CRADOCK het ’n dubbele Suid-Afrikaanse kampioen wat die land volgende jaar in Mei by die wêreldkampioenskappe vir liggaamsbou in Londen gaan verteenwoordig.

Dié kampioen is Amy van Jaarsveld (25), ’n lewensoriëntering en wiskunde onderwyseres by die Laerskool Carinus in Cradock.

Sy het twee twee afdelings van ’n provinsiale liggaamsbou-kompetisie in Johannesburg gewen. Daar 150 deelnemers.

Nou gaan Amy Suid-Afrika op 24 Mei in die wêreldkampioenskappe in die afdelings Ladies Toned Figure en Overall Figure verteenwoordig.

Amy vertel dat sy in 2017 met liggaamsbou begin het en reeds in Junie 2018 pryse landwyd begin inryg het. Sy het op 6 Julie vanjaar by die provinsiale uitdunne in Kaapstad, waar sy as lid van die Grensspan meegeding het, vir die SA kampioenskappe gekwalifiseer.

“My asem was skoon weg toe hulle aankondig dat ek die wenner is,” sê Amy. “Ek was so verbouereerd dat ek nie my nommer herken het nie. Eers toe ek my naam hoor, het ek besef ek het gewen!”

Amy oefen by ShapeXFitness Centre in Cradock, alhoewel haar afrigter, Ryan Hardwick, in Komani (Queenstown) bly. Hy werk haar dieet en oefeninge uit.

“In die opbou van jou liggaam is ’n mens maar alleen in die proses, maar dit bou jou karakter,” sê Amy.

Sy is ook ’n ywerige fietsryer en netbalspeler.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article