Een groep wag om geopereer te word tydens die sterilisasieveldtog op Hofmeyr, en ’n volgende groep is besig om wakker te word terwyl besorgde eienaars toekyk. Thea Dorfling (links) hou toesig. Foto: JANIQUE FOURIE

Credit: SYSTEM

ONDER leiding van Janique Fourie, Linda Opperman en hul medewerkers is daar onlangs ’n reuse sterilisasieveldtog op Hofmeyr gehou.

Ses jong veeartse, wat nog besig is met hul gemeenskapsdiensjaar, het vanaf Queenstown, Middelburg, Makhanda (Grahamstad), Peddie en Lady Grey gereis om by dié veldtog betrokke te wees.

Opperman het vertel dat die honde wat vir hierdie belangrike behandeling opgedaag het, soos “Liqourice All Sorts”-lekkergoed gelyk het.

“Sommige was herkenbare rasse, maar ander was maar sommer net honde – alle groottes, kleure, persoonlikhede en verskeie ras-samestellings,” het Opperman gesê.

So was daar ook talle verwaarloosde honde, en dan was daar ook weer honde wat baie goed versorg was. Twee donkies is ook gekastreer.

Pragtige steekhaarbrakke het Opperman se hart gesteel en ’n baie siek, verwaarloosde worshond het nou die hondekind van Janique Fourie geword – hy heet nou Lucky.

Volgens Opperman het die jongmense se werksetiek haar verstom.

Vervolg na bl. 2

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article