Ruan Stannard. Foto:VERSKAF


DIE Hoërskool Middelburg het Ruan Stannard as gedragsverwisselingsagent (“Behavioural Change Agent”) op die personeel verwelkom.

Stannard is ’n oud-Middie wat in 2011 sy NSS verwerf het. Hy was in 2012 betrokke by VCSV Stellenbosch waar hy ’n diensjaar vir Christus gedoen het.

In 2013 het hy ’n pos as jeugwerker by die NG Kerk, Moorreesburg aanvaar en hy het ook ’n beradingsdiploma by die South African Theological Society (SATS) verwerf.

Ruan het ’n pos by die Hoërskool Lutzville aanvaar waarna hy vanaf 2015 tot 2016 ook by die Hoërskool Prieska werksaam was. Hy het in 2017 ’n Life Coaching-diploma by die School of Life verwerf.

Gedurende hierdie tyd het hy ook vir ’n sielkunde graad, B.A. Psychological Counselling, by UNISA ingeskryf. Hy is tans ’n tweedejaar student in Sielkunde.

Ruan is vanaf 1 Mei op ’n permanente basis by die Hoërskool Middelburg aangestel. Hierdie pos is ’n loodsprojek en dit is deur die Departement van Onderwys geskep. Middies is een van die gelukkige skole wat deur die Departement aangewys is om deel te wees van hierdie projek.

Hy het ook ’n privaat lewensafrigter/beradingspraktyk en kan by coachruan @gmail.com of 073 440 2540 gekontak word.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article