Welkome reën kon Saterdag, 23 April nie ’n demper plaas op die opgewondenheid van jong rugby- en netbalspelers van Primêre Skool Karel Theron op Middelburg, wat tuis teen die spanne van Laerskool Cradock kragte gemeet het nie.
Die o.7 netbal-spanne het soos bonsballe op die baan rondgetrippel om warm te bly en het selfs twee wedstryde op die dag gespeel.
Hulle was beslis die netbalspan wat die hardste toejuiging ontvang het en ’n vrolike gees het tussen die toeskouers geheers.
By die junior spanne het Karel Theron meestal voorgeloop, terwyl Cradock se senior spanne grotendeels aan die wenkant was.
Die pompoms van Karel Theron het vir ’n pragvertoning voor die dag se hoofwedstryd gesorg. Dit was die pompoms se eerste optrede vir die jaar.
Uitslae van die wedstryde tussen Karel Theron en Cradock is as volg:
Rugby:
o.7 KT wen 5-2
o.8A KT wen 5-4
o.9 KT wen 17-0
o.11A CLS wen 55-0
o.11B KT wen 26-10
o.13A CLS wen 10-0
Netbal:
o.7A KT wen 5-0 en speel ook gelykop 3-3
o.8A KT verloor 1-2 en o.8B speel gelykop 0-0
o.9A CLS wen 7-1 en o.9B speel gelykop 1-1
o.10A KT wen 9-1 en o.10B wen KT 7-5
o.11A CLS wen 5-3 en o.11B wen CLS 9-1
o.12A CLS wen 7-6 en o.12B wen CLS 8-0
o.13A CLS wen 15-12 en o.13B speel gelykop 8-8



