Skilders onder leiding van Lou Venter het onlangs hul derde jaarlikse uitstalling van skilderye by Cathy se gastehuis in Cawoodstraat op Cradock gehou. Daar was groot belangstelling in die olieverf-skilderye wat hoofsaaklik uit Karoo-natuurtonele, portrette en stillewes van alle groottes bestaan het. Die skilderye kan vir die volgende paar weke by dié gastehuis besigtig word. Hier is (van links) Hanli Venter, Jessie Pretorius en Elsabe van der Merwe by die uitstalling. Foto:WILNA DE KLERK


Skilders se kuns uitgestal

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article