Die Laerskool Cradock het onlangs ’n vriendskaplike toernooi teen Karel Theron Primêre Skool gespeel. Dit het uit drie rondtes bestaan waar die leerders drie wedstryde gespeel het. Cradock het ten einde daarin geslaag om die toernooi te wen met 33 punte teenoor 27. Hier verskyn, agter van links, Lucia Ferreira, Luzlu Nofemele, Heinrich Guldenhuys, Hlumelo Gaqa, Pierre Marais en Neo Mvubu. Voor is Emile van Zyl, Ruan Rieck, Limyoli Nkohla, Janus Grobler, Roelof Botha, Khanyisile Majiba en Marnus Malan. FOTO: VERSKAF


DIE Laerskool Cradock het Maandag op 16 April ’n vriendskaplike toernooi gespeel teen Karel Theron. Die toernooi het bestaan uit 3 rondtes waar die leerders die geleentheid gekry het om 3 wedstryde te speel. Die spelers het dit baie geniet en albei skole se spelers het uitstekende dinkspel opgelewer. Laerskool Cradock het ten einde daarin geslaag om die toernooi te wen met 33 punte teenoor 27.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article