VERBRUIKERS op Cradock en Middelburg, wat onder die Inxuba Yethemba-munisipaliteit val, moet nog drie weke wag om te hoor of hulle beheer oor die munisipalteit se uitstaande skuld van meer as R133 miljoen aan Eskom gaan kry.

Die saak van Cradock en Middelburg se belastingbetalers teen IYM om alle betalings vir elektrisiteit te laat omhein of allokeer vir vasgestelde verliese (ring fence) is verlede Donderdag in die Hooggeregshof in Grahamstad eers tot die volgende dag en toe tot 13 Maart uitgestel.

Die uitstel is deur die regter gelas deurdat IYM se munisipale bestuurder, Xolele Msweli, aan die hof getuig het dat IYM die dag voor die hofsaak ’n mondelingse ooreenkoms met Eskom gemaak het en dat hulle nou wag vir Eskom se skriftelike voorstelle oor hoe hulle die agterstallieg skuld, wat reeds aan die einde van Desember R133 miljoen plus was, kan afbetaal.

Die regter het Msweli tot die volgende dag gegee om hierdie dokument aan die hof te toon. Nadat hy versuim het, is die saak tot 13 Maart uitgestel sodat die dokument dan voorgelê kan word. Wanneer die betalings vir elektrisiteit aan IYM omhein (ring fence) word, beteken dit dat die hof IYM gelas het om al sulke betalings wat hulle ontvang slegs vir betalings aan Eskom aan te wend. Lede van die twee belas-tingbetalersverenigings sal insae op al sulke betalings hê.

Van 1 November 2018 tot 30 Oktober 2019 het IYM se skuld aan Eskom met R37 404 345.44 van R93 785 669.73 tot R131 190 015.17 ge-eskalleer. Benewens Eskom se geskeduleerde kragonderbrekings sal die krag na Cradock en Middelburg aanbly tot en met die uitslag van die hof op 13 Maart.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article