Cradock landbouskou se kleinvee-afdeling was vanjaar goed ondersteun en spogdiere is in al die klasse vertoon. Die wenner van die Suid-Afrikaanse groot kampioen persieram was Kobus Lotter, terwyl Willie van Rensburg die reserwe-kampioen vertoon het. Hierdie diere is ook as die senior kampioen-ramme aangewys. Op die foto is die groot kampioen-ooi wat deur Willie van Rensburg vertoon is, met Kobus Lotter in die tweede plek, terwyl Kobus Lotter weer die kampioen-ooilam vertoon het met die ooitjie van Willie van Rensburg in die tweede plek. Foto:VERSKAF


SA grootkampioen persieramme

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article