Leanne Wels met Welbech Silver Fire. Foto:VERSKAF


ELF Oos-Kaapse ruiters het vanaf 2 tot 4 Julie deelgeneem aan die Fauresmith 200-perdeuithourit in the Vrystaat, die hoogtepunt op die uithouritvereniging van Suid-Afrika (Erasa) se kalender.

Dié taai roete strek oor drie dae en sowat 206km oor heuwels, tussendeur klowe en oor koppies en klippe in uiters koue temperature.

Die eerste dag van die rit strek oor 75km, terwyl die tweede en derde dag onderskeidelik oor 75km en 56km strek.

Elke 25km word daar eers vir ’n veeartsinspeksie op sentrale punte buite die dorp gestop, waar beslis word of hulle verder mag ry. Hier koel die perde af en kry hulle water en voer. Die perde word ook voor en na die rit deur ’n veearts ondersoek.

Die Oos-Kaap span is geborg deur Woodlands Dairy, Igen, Waikato SA, Rockwood Rotary, Equifeeds en Serap Industries.

Die Oos-Kaap span vir Fauresmith 2019 is as volg:

. NJ Henning van Cradock met Pacino.

. Eloise Klopper van Adelaide met Zarkah (eienaar Meyer le Roux).

. Marelize Klopper van Adelaide met Nira Thunder (eienaar Meyer le Roux).

. Leanne Wels van Graaff-Reinet met Welbech Silver Fire.

. Riana Griebenouw van Jeffreysbaai met Welbech Hurst Lienke (eienaar Leanne Wels).

. Joanne Webber van Grahamstad met Koringkloof Enzahi (eienaar Meyer le Roux).

. Shanna Oosthuizen van Port Elizabeth met Shan Vonk.

. Mari Lord van Somerset-Oos met Beaconsfield Chief.

. Chantel Lotter van Willowmore met Lormar Shakir.

. Antoinette Birch van Graaff-Reinet met Kasan Vietnam.

. Kirsty Masterson van St Francisbaai met Delmar Nadra (eienaar Daan Landman).

Kirsty is gekies om in die nasionale liggewig ERASA-span te ry en het ook haar ERASA-klere ontvang.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article