NADIA Bosch is ’n boervrou in murg-en-been. As sy nie haar hanslammers versorg nie, is sy in haar groot tuin doenig.

Nadia bedryf ook die plaaslike Echo Spa-skoonheidsalon op Hofmeyr. Sy deel graag haar resep vir haar room teen winterskurfte.

Nadia se room teen winterskurfte

Winterskurfte is vir niemand lekker nie.

Winterskurfte is vir niemand lekker nie.

Bestanddele

500 g Kamferroom

60 g Zambuk-salf

Klein buisie bababoudsalf of 2 eetlepels speensalf

4 Opgehoopte eetlepels Aqueous-room.

(As jy nie boudsalf of speensalf gebruik nie, gebruik dan gerus jou gunsteling velolie (tissue oil)).

Metode

  • Smelt die Zambuk-salf vir ’n paar sekondes in die mikrogolfoond, dan meng dit beter.
  • Klits alles saam. Skep terug in jou oorspronklike Kamferroompot, maar jy gaan nou een en ’n halwe roompot volmaak.
  • Gebruik soggens en saans, veral op hande, voete, elmboë en knieë, en oral waar winterskurfte toeslaan.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article