VERVOLG VANAF BL. 1
“ONS sien niks gebeur nie. Ons verstaan daar is nog geen regstappe teen die munisipaliteit gedoen nie,” sê Douglas Stern.
“Ons gaan dié bewerings ondersoek en indien dit blyk dat daar inderdaad geen aksie geneem is nie, sal Agri Oos-Kaap die saak verder neem. Want oor die langtermyn kan dié besoedeling ‘n massiewe impak op landbou hê.”
Ekologiese én ekonomiese ramp
Odendaal sê hy vrees ’n ekologiese én ekonomiese ramp indien onbehandelde riool in die Visrivier bly loop.
Hy het ’n klagte by die Mense- regtekommissie ingedien en op 26 Augustus het Abongile Sipondo, provinsiale bestuurder van die Menseregtekommissie in die Oos- Kaap, bevestig dat die kommissie ondersoek gaan instel.
“Toegang tot skoon drinkwater is ’n basiese mensereg. Daar is nedersettings langs die Visrivier. In hierdie droogte bied dié rivier hulle hul enigste drinkwater. Hulle het géén ander keuse as om dit te gebruik nie,” sê Odendaal.
Hy het ook ’n kriminele klagte in terme van die Nasionale Waterwet (1998) teen Dr Bhekisisa Mthembu, waarnemende munisipale bestuurder van die Chris Hani-distriks- munisipaliteit, by die polisie aanhangig gemaak.
“Dít oor die volgehoue besoedeling van die Groot Visrivier. Indien dié wat in die aanklagte geïmpliseer is, skuldig bevind word, kan hulle óf tien jaar tronkstraf, óf ’n stewige boete, óf albei opgelê word.”
“Dis krimineel dat die water- suiweringswerke nie 100% funksio-neer nie, want indien landbou in die toekoms weens besmette produk as gevolg van besmette water ineenstort, val die hele ekonomiese kaartehuis inmekaar. Ons praat van honderde boere, indien nie duisende nie, wat dié water gebruik en werkgeleent-hede aan duisendes skep. Landbou speel ook ’n sleutelrol in Karoo-dorpe, onder meer Cradock, se ekonomie.”
Odendaal het ook die OK-Groen Skerpioene gevra om die rou rioolstortings vanuit die Cradock watersuiwerinsgwerk in die Groot Visri- vier te ondersoek. Inspekteurs van dié omgewingsbestuur-inspektoraat het ondersoek gaan instel en bevind dat die klagte substansie het.
“Ons department het saam met die Chris Hani-distriksmunisipaliteit en die department water en sanitasie na oplossings begin soek en op 28 Junie 2019 bevestiging ontvang dat ’n kontrakteur aangestel is om herstelwerk aan die Cradock watersuiwerings-werke te doen,” lui die Groen Sker-pioene (OK) se verklaring.
“Aanvanklik het dit geblyk dat herstelwerk gedoen is, maar toe word daar wéér berig dat onbehandelde riool in die Groot Visrivier beland. Amptenare monitor nou die situasie en het die onderneming gegee om in te gryp indien die huidige herstel- pogings gestaak word en die situasie versleg,” aldus die verklaring.
Maar vir Odendaal bly dit by sien is glo. “Bitter min werk is gedoen en die suiweringswerke is steeds nie funksioneel nie.”
. Die Chris Hani-distriksmunisipaliteit en department water en sanitasie het teen druktyd nog nie op navrae gereageer nie.
