Riani Lombard, ’n gr. 4-leerder van die Primêre Skool Karel Theron het onlangs aan die Inter-distrikte tennistoernooi in George deelgeneem. Sy het die OP o.10-span verteenwoordig en is die enigste leerder van Karel Theron wat vanjaar die OP-tennisspan gehaal het. Die span het enkel-, dubbel en gemengde wedstryde tydens die toernooi teen Suidwestelike Distrikte en ook teen Noord-Kaap gespeel. Vir Riani was dit ’n groot ondervinding aangesien die span nie voor die tyd saamgeoefen het nie en mekaar eintlik eers tydens die toernooi werklik beter leer ken het.Foto:VERSKAF
Riani verteenwoordig OP-span
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.