DIE Mid-Karoo Express het verlede week, op 11 Julie, op bl. 7 ’n artikel getiteld “Spoggerige ‘high tea’ ten bate van Alma Mater” gepubliseer.
In die artikel is daar verkeerdelik gesê die Michausdal Senior Sekondêre Skool se 35ste reüniejaar sal vanjaar plaasvind.
Dit is slegs die 1984-matriekklas – wat die ‘high tea’ aangebied het – se 35ste reüniejaar.
Die Mid-Karoo Express vra om verskoning vir dié fout.



