DIE senior fase van die Primêre Skool Karel Theron in Middelburg het op 12 November met hulle finale eksamens vir die jaar begin.
Net ’n paar dae voor dit het hulle die akademiese jaar op ’n hoogtepunt afgesluit met die jaarlikse prysuitdeling wat op 8 en 9 November plaasgevind het. Tydens hierdie geleenthede is die leerders vereer vir hulle akademiese, sowel as kultuurprestasies vir die jaar.
Die nuwe verteenwoordigende leerderraad (VLR) vir 2019 is aangekondig, alhoewel die hoofleiers eers vroeg in die nuwe jaar bekend gemaak sal word. ’n Spoggerige gala-dinee is ook op 13 September gehou waartydens die jaar se sportprestasies vereer is.
Eerste klasposisies
Die top akademiese presteerders in hul onderskeie grade is Gabrielle Hall met 87.44% in gr. 4, Ninke Benito met 86% in gr. 5, Dániel Schoombee met 88,50% in gr. 6 en Isa Schoombee met 88.07% in gr. 7.
Dux-trofeë
Die meisies Dux-trofee is aan Isa Schoombee (87.3%) toegeken en die seuns Dux-trofee aan Janko Lessing (80.6%).
Ambassadeurs-trofeë
Isa Schoombee en Douw Lessing het vanjaar die Ambassadeurs-trofeë ontvang vir hulle uitsonderlike bydraes.
Sportman en -vrou
Lenfred Manuel en Isa Schoombee is aangewys as Karel Theron se Sportman en -vrou vir 2018.
Die VLR vir 2019
Die lede van die VLR vir 2019 is Greshin Visagie, Dorian Fillis, Juan Seymore, Paul Shana, Anathi Mangali, Matshediso Mofokeng, Jordan Hall, Daniel Schoombee, Nina Perry, Emmanuel Kankolongo, Anneri van der Walt, Lisa Barnhoorn, Marilet Blom en Danika van der Walt.
Tom Naudé-trofee wenners
Die Tom Naudé-toekenning word in gr. 7 toegeken aan leerders wat vanaf gr. 5 tot gr. 7 70% en hoër gehandhaaf het. Die kategorieë is verdienstelike skoolwerk (bo 70%), goeie skoolwerk (bo 75%) en uitstekende skoolwerk (bo 80%).
Agt gr. 7-leerders het dié toekenning ontvang. Hulle is Jesica Koening (73,6%), Janko Lessing (79,5%), Leylah Erasmus (77.1%), Douw Lessing (79,5%), Tshepiso Mokushane (75,2%), Isa Schoombee (87.2%), Elzaan Pieterse (80.8%) en Chris Hayes (80.2%).




