Ellie Gysman (64) met die trollie vol inkopies wat sy gewen het. By haar staan een van die kassiere, Joyce Toring. Foto:VERSKAF


’n AFGETREDE onderwyseres van Fort Beaufort wat die laaste paar jaar sukkel met haar gesondheid het verlede Vrydag ’n onvoorsiene mee-vallertjie gehad toe sy met haar Kers-inkopies huistoe kon gaan sonder om ’n sent daarvoor te betaal.

’n Welbekende supermarkgroep het ’n kompetisie gehou waarin hul kliënte hul aankope gratis kon doen, indien hulle meer as R500 per transaksie sou spandeer.

Die gelukkige wenner, Ellie Gysman, het oudergewoonte nagenoeg R2 500 van haar maandelikse pensioen aan inkopies spandeer. Groot was haar verbasing toe sy, nadat dit by die betaalpunt opgelui is meegedeel is dat sy nie daarvoor hoef te betaal nie.

“Ek het gehuil van blydskap. Dis die heel eerste keer in my lewe dat ek iets wen,” het ’n oorstelpte Gysman gesê.

Sy het juis Sondag haar 64ste verjaardag gevier en vir haar kon dit nie op ’n beter tyd gekom het nie, het sy aan Komani-Karoo Express gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article