PASTOOR Hennie Liebenberg en sy vrou, Suzette, het die Victory Family Church-gemeente en hul vriende in Somerset-Oos vaarwel toege-roep met hul verhuising na Knysna.
Hennie is ’n gebore Somersetter en het ma- triek aan die Gill Kollege voltooi voordat hy weermag toe is. Ná sy weermagopleiding het hy by Standard Bank gewerk en so in Knysna beland waar hy sy vrou ontmoet het. Ná hul troue het hulle Jeffreysbaai toe verhuis om saam met sy ouers in hul besigheid te werk.
In daardie tyd het albei tot bekering gekom en Hennie het besluit om sy hart te volg en pastoor te word. Gereed vir die bediening het Hennie teruggekeer na Somerset-Oos waar hy en Suzette vir 17 jaar as pastoorspaar by die Victory Family Church gewerk het. Hulle sal steeds in die toekoms by sendingwerk betrokke wees.
“Ons sal Somerset-Oos en sy mense mis, maar het baie goeie herinneringe om op te teer. Ons laat Victory Family Church in die bekwame hande van Pastoor Jacques en Nicky van Heerden. Die boodskap wat ek graag op alle Somersetters se harte wil lê, is die volgende: wees lief vir God en jou medemens, maar rig jou op God en nie jou medemens of omstandighede nie en spreek lewe selfs oor dinge wat dood en verlore lyk.”
Die Liebenbergs het twee dogters en ’n seun asook twee kleinkinders.


