DIE maatskappy van ’n oud–leerling en hoof- seun (2000) van die Middelburg Hoërskool, Gert Kruger, het onlangs met twee groot nasionale toekennings weggestap.
Kruger, hoof–uitvoerende beampte van Mossop Western Leather and Cargo Carriers in Wellington, is opgewonde oor dié prestasie.
“Uit 25 maatskappye wat vanjaar vir die 30ste Suid–Afrikaanse Logistieke Presteerderstoe-kennings ingeskryf is, het slegs drie maatskappye Platinumtoekennings ontvang,” het Kruger aan Komani–Karoo Express gesê.
“Mossop was een van hulle. Ons het meege-ding teen groot name soos die Foschini Group, Pick ’n Pay, Sasol Chemicals, Transnet and Röhlig–Grindrod, onder andere.”
Mossop is tydens dieselfde geleentheid ook aangewys as die algehele wenner, waarvoor hulle die Beoordelaarstoekenning ontvang het.
‘n Trotse Kruger het sy opgewondenheid met die maatskappy se werkers gedeel: “Hierdie toekennings word toegewy aan al die personeel by Mossop.
“Ek wil graag my dank en waardering uitspreek teenoor elkeen wat help bou het aan ons maatskappy oor die afgelope vyf jaar.”

